
Welkom by / Welcome to
Boschoek Bonsmaras
18 July / Julie 2025
Auction Date / Veiling Datum
Boschoek Bonsmaras
Origin
The Boschoek stud began with the acquisition of 80 pregnant, selected Bonsmara cows from a prospective stud breeder in the Bela-Bela area. Since then, bulls and female animals from notable breeders such as Arthur de Villiers, Dr Wesson van Rensburg, Nico Pieterse, Benjamin Bosch, Chris Welman, Up George, Kiewiet Ferreira, Paul Mare and various others have been purchased to breed a type specifically adapted to the harsh and extreme Bushveld climate.
The stud was officially registered in 2009 after undergoing strict selection by Arthur de Villiers and Dr Wesson van Rensburg. Any animal scoring lower than seven on a nine-point visual scale was excluded. Initially, the goal was to breed moderately muscled, medium-framed, early maturing fertile female animals with adequate width and depth. Bull calves were sold to feedlots until the desired genetic traits were firmly established. Since then, the AH brand has gained recognition in numerous commercial and stud breeder herds.
Mission Statement
At Boschoek Bonsmaras, we aim to provide above-average, medium-frame, fertile, field-adapted Bonsmara animals to our clients. We achieve this through strict selection processes and by continually acquiring superior breeding material and also through using our own proven genetics within the framework of our breeding policy and client preferences. This is supported by respected information systems and genetic improvement technologies. We strive towards breeder satisfaction and returning buyers who believe in the AH brand and appreciate our after-sales service.
Ontstaan
Die stoetery het sy ontstaan gehad met die aankoop van 80 dragtige geselekteerde Bonsmara koeie van ’n voornemende stoetteler in die Bela-Bela omgewing. Sedertdien is bulle en vroulike diere van bekende stoettelers soos Arthur de Villiers, Wesson van Rensburg, Benjamin Bosch, Paul Mare, Nico Pieterse, Chris Welman, Up George, Kiewiet Ferreira en n reeks ander telers ingekoop om ’n bepaalde tipe aanpasbaar tot die Bosveld te teel.
Die stoet is in 2009 geregistreer na ’n streng seleksie deur Arthur de Villiers en Dr Wesson van Rensburg. Alle diere met ’n visuele punt laer as sewe op ’n nege-punt-skaal is weggelaat. Die aanvanklike doelwit was om matig bespierde, vroegryp, mediumraam, vrugbare vroulike diere met breedte en diepte te teel, terwyl alle bulletjies aan voerkrale verkoop is totdat die regte tipe gentika oortuigend vasgele was. Sedertdien het die AH brandmark sy plek in verskeie kommersiele en stoetteler kuddes gevind.
Missiestelling
By Boschoek Bonsmaras streef ons daarna om bogemiddelde vroegryp, mediumraam, vrugbare veld-aangepaste Bonsmara diere aan kliënte beskikbaar te stel. Ons doen dit deur streng seleksie en om voortdurend meerdere teelmateriaal te bekom en ook eie bewese genetika te gebruik binne die raamwerk van ons teelbeleid en kliëntevoorkeur, gerugsteun deur gerespekteerde inligtingstelsels en genetika verbeteringstegnologie.Voorts streef ons na teler tevredenheid en terugkerende kopers wat glo in die AH brandmark en naverkope diens.


Breeding Objectives
Environmental factors have shown us that moderately muscled, medium-frame, early maturing animals with significant body width and depth cope better with summer droughts and winter conditions. Such animals generally perform one or two points better on the condition scale and excel in field adaptability, weaning weight, and post-weaning growth. We strictly pursue criteria for easy fleshing and field adaptability to increase economic value. Additionally, BLUP breed averages are used as guidelines, while higher than average scores on the profit values of fertility, growth, and longevity are considered non-negotiable.
Our ideal herd will possess the following qualities:
Teeldoelwitte
Omgewingsfaktore het aan ons uitgewys dat ’n matig bespierde mediumraam dier, met breedte en diepte van lyf, met groter gemak somerdroogte en winterstoestande die hoof bied. Trouens diesulke diere presteer gewoonlik ’n punt of twee beter op die kondisieskaal en beindruk veral wanneer dit kom by veldhouvermoe, speenmassa en naspeengroei. Sover moontlik word die kriteria van easy fleshing en veld-aanpasbaarheid streng nagestreef, ten einde ekonomiese waarde te verhoog. Hiermeesaam word die BLUP rasgemiddeldes grootliks as riglyne gebruik, terwyl die wins waardes van vrugbaarheid, groei en langslewendheid as ononderhandelbaar geag word.
Ons ideale kudde sal oor die volgende kwaliteite beskik:

Proven Genetics
Achieving our breeding goals in the medium term, required investment in specific breeding lines. Several herds were identified that visibly align with our most critical breeding objectives and who are successfully breeding within those criteria. Consequently, both stud females (AG, CEF and SYF) and proven bulls from a number of selected herds were acquired, significantly shortening the timeframe to achieve our breeding objectives.
We acknowledge that successful breeding is a long-term and continuous process. The pursuit of the ideal type should be seen as a journey rather than a destination. Our definition of success also includes reinvesting our own genetics into the herd. Additionally, we aim to establish specific female and bull breeding lines within the herd to emphasize the value of genetic influence and uniformity.
Geography
The core herd is kept on the Springbok Flats in the Tuinplaas area, primarily consisting of sweetveld. Heifers are raised in the Alma and Vaalwater areas, which are primarily sourveld. Winter calving cows are kept on ryegrass pasture for optimal production. This practice is economically sensible regarding the cost of natural grazing, increased weaning weights, cow re-conception, and feed costs if animals had to graze on dry natural pasture. This approach ensures that our animals receive adequate nutrition during cold winters while raising the next generation. Animal performance and condition are still measured on natural grazing to remain true to our breeding goals of field adaptability and easy fleshing.
Bewese Genetika
Om ons teeldoelwitte oor die mediumtermyn te bereik het belegging in spesifieke teellyne geverg. Trouens daar is ’n aantal kuddes geïdentifiseer wat opsigtelik van ons mees kritiese teeldoelwitte voorstaan en suksesvol binne daardie kriteria teel. Gevolglik is beide stoet vroulikediere en bewese genetika bulle van die geslekteerde kuddes aangekoop wat die tydsduur in nastrewing van ons teeldoelwitte dramaties verkort het.
Ons is deeglik bewus daarvan dat suksesvolle teling ’n langdurige en nimmereindigende proses is en dat die strewe na die ideale tipe eerder as ’n langtermyn reis geag moet word. Sukses in ons eie definisie sal uiteraard ook beteken dat ons van ons eie genetika in die kudde terugploeg. Voorts poog ons om spesifieke vroulike en bul teellyne in die kudde neer te le wat die waarde van erfdwang en eenvormigheid onderstreep.
Geografie
Die kernkudde loop op die Springbokvlakte in die Tuinplaas area wat hoofsaaklik uit soetveld bestaan. Verse word in die Alma en Vaalwater omgewing op suurveld uitgeroei. Winterkalfkoeie word vir optimale produksie op raaigrasweiding aangehou. Hierdie praktyk maak ekonomies perfekte sin met betrekking tot die koste van natuurlikeweiding, verhoogde speengewing, herbesetting van koeie en voerkoste sou die diere op droë natuurlikeweiding moes wei. Hiermeesaam slaap ons rustig as ons diere goeie kos in koue winters kry, terwyl hulle die toekomstige generasie grootmaak. Diere se prestasie en kondisie word steeds op natuurlike weiding gemeet om getrou te wees aan ons teeldoelwitte van veldaanpassing en easy fleshing.


Emerging Bonsmara Farmers
For the past ten years, Boschoek Bonsmaras has been actively involved in providing breeding material and mentorship to several emerging farmers. There is significant excitement about the Bonsmara breed, which adapts and performs excellently in the Bushveld and throughout South Africa. The Bonsmara breed is considered an elite, profitable cattle breed due to its adaptability and strong economic value, particularly regarding uniformity and the sale of weaners compared to historical prices for other crossbreeds.
Opkomende Bonsmara Boere
Boschoek Bonsmaras is reeds vir die afgelope tien jaar aktief betrokke in die beskikbaarstelling van vroulike teelmateriaal, sowel as mentorskap aan ’n aantal opkomende boere. Daar heers groot opgewondenheid oor die Bonsmara-ras wat uitstekend in die bosveld en inderwaarheid in alle gebiede in SA aanpas en presteer. Trouens die Bonsmara ras word in ons omgewing as ’n elite winsgewende bees beskou vanweë sy aanpasbaarheid en algemene goeie ekonomiese waarde, veral rakende eenvormigheid en by die verkoop van speenkalwers in vergelyking met historiese pryse behaal vir ander kruisrasdiere.
